Christelike Afrikaanse Goeie Môre Boodskappe en Wense

Ek weet nie van jou nie, maar ek is dankbaar om met ‘n Christelike Afrikaanse Goeiemore wens gegroet te word.  Dit voel vir my soos ‘n stukkie oordenking en die meeste van die tyd, is dit net wat ek nodig gehad het vir daardie spesifieke dag.

Afrikaans is  beskrywend, waarderend en tog so naak waar.

Deel asseblief die boodskappe, maak jou eie prentjies of tik-toks om te deel, jy maak definitief iemand se dag!

​The translation for this post is – Good morning Wishes in Afrikaans.  I don’t know if it is customary in your country to share well wishes in the morning or good night quotes at night.  But we do it, and I am always looking for new messages to share with friends and family!  You may also see Afrikaans quotes, just as popular as English quotes.

Christelike Afrikaanse Goeiemore Boodskappe blog pin easyonthetongue.com  1024x1024 Christelike Afrikaanse Goeie Môre Boodskappe en Wense

Hier volg Christelike Afrikaanse Goeiemore Wense

Die Afrikaanse boodskappe is van ander boodskappe gekopieër of vertaal of deur ander seënwense geinspireer.

As enige van die boodskappe joune is, en jy graag die krediet daarvoor wil hê, stuur asseblief vir my ‘n epos.

Dankie sê Goeiemôre

  • Hoe mooi het God nog een dag aan jou lewe gelas, nie omdat jy die dag nodig het nie, maar omdat iemand anders jou nodig het.
  • Vandag vra ek niks, Liewe Heer.  Ek sê net Dankie vir alles.
  • Here, vandag sê ek dankie. Dankie dat U hand elke dag styf vashou, dat U altyd naby is en dat U elke dag saam met my stap.
  • Dankie Heer vir my lag-vriendinne, vir Jesuskind-vriendinne, vir onthou-vriendinne.  Seën elkeen asseblief vandag met iets mooi uit U hand.  Mooiste dag vir jou. ~ Maak jou Tuis~
  • Ek raak stil en kyk om my rond…wat ‘n voorreg om die mooi natuur te kan sien, die blomme te kan ruik, voëltjies kan hoor sing en weet dat God my nog ‘n dag gespaar het, om van Sy liefde te getuig.  Dankie Liewe Jesus.
  • Wat U vir my afmeet vandag Heer, is vir my genoeg.  Dankie vir U goedheid en guns.
  • Here Jesus, dankie vir die mandjie genade wat U elke dag langs my neersit.  
  • Vandag is ‘n geskenk van God. Wees dankbaar vir elke oomblik want uit Sy hand kom net wat mooi is.  Mag jou dag vol verrassings wees.
  • Dankie Here vir nog ‘n dag.  Dankie dat U my nooit alleen los nie.
Hoe mooi het God nog een dag aan jou lewe gelas pin easyonthetongue.com  683x1024 Christelike Afrikaanse Goeie Môre Boodskappe en Wense

Christelike versterking uit die Woord

  • U leer my hoe om te lewe,  By U is daar oorvloedige blydskap.  Uit U hand kom net wat mooi is.  Ps 16:11.
  • Die here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee. Num 6:  24-26.
  • Wees dus sterk en hou goeie moed, julle almal wat julle vertroue in die Here stel. Ps 31:25.
  • Here, omdat U my lewe in U hande hou, vrees ek nie die onbekende nie.  Jes 41:13.
  • Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie. Spr 27:1.

‘n Gebed vir vandag

  • Jabes gebed:  Stort U seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder U beskerming en weerhou onheil van my, sodat geen smart my tref nie.  1 Kronieke 4:10.  Lees gerus meer oor Jabes se gebed in die artikel (ek deel dit ter inligting en vir agtergrond. U hoef nie noodwendig die skrywer se siening te deel nie).
  • Vader, help my vandag om weg te kyk van my uitdagings en my oë op U gevestig te hou met die wete dat U reeds weet wat ek nodig het.  Geseênde dag!
  • Dankie Heer vir die oorvloed wat ek vandag gaan geniet in U naam!
  • Mag ons vandag en elke dag, lewende getuigskrifte wees tot eer van ons Skepper.
Jabes se Gebed pin easyonthetongue.com  683x1024 Christelike Afrikaanse Goeie Môre Boodskappe en Wense

Geloof

  • Geloof beteken dat jy vrede het al het jy nog nie antwoorde op jou vrae nie.
  • Goeiemôre. Mag Jesus jou Leidsman wees vandag.

Hy lei jou

  • Mag die Here elke tree wat jy vandag gee, lei in die regte rigting.  Mag Hy Sy hand van beskerming hou oor jou en jou geliefdes.
  • Hoe kan ek alleen voel, as God my vashou?  Hoe kan ek voel soos ‘n verloorder, as God vir my wag by die wensstreep?  God is ons toevlug vandag, more en altyd.  Geseënde dag.

Hy is in beheer

  • Wat ‘n voorreg om vanoggend wakker te word en te weet, God is in beheer.

Jy is vir God kosbaar

  • Die lewe is jou verfdoek, Geloof jou kwas, God se Woord jou Inspirasie en Jy is God se MEESTERSTUK~
  • So sag soos die môredou, so sag en kosbaar is God se Gees op jou. Hoop jy het ‘n lieflike dag.
So sag soos die moredou pin easyonthetongue.com  1024x1024 Christelike Afrikaanse Goeie Môre Boodskappe en Wense

Mag die Here jou vashou

  • Ek groet jou op hierdie vars, nuwe oggend.  Mag die Heilige Gees soos ‘n sagte briesie deur jou siel en gemoed waai.  Geniet die dag met jou hand in God se hand.
  • Môre, môre, God se oog is vandag oor jou, sy Hand onder jou, Sy Gees en Vrede binne jou, Sy Genade en Liefde gaan jou heeldag omvou.
  • Goeie More.  Ek sluit my oë en vra vir Jesus om vandag elkeen styf vas te hou.  Die wat hartseer is te vertroos, die wat siek is te genees, die wat bekommerd is se geloof te versterk, die wat blydksap in hul harte het, nog meer te laat glimlag en almal in oorvloed te seën.
  • Vader, neem asseblief vandag my hand en lei my deur die dag.  Gee dat ek nie sal terugkyk na gister nie, want dit is verby, maar laat my wandel op die weg wat U vir my beplan het vir vandag, en elke nuwe dag!
  • Mag Hy vandag jou met Sy krag lei, Sy mag jou vashou, Sy hand jou bewaar, Sy wysheid jou leer en Sy liefde jou hart sal vul.  Dis my gebed vir jou.

Seënwense vir die dag

  • Mag jou bekertjie oorloop van Genade en Seên vandag.
  • Mag Jesus vandag vir jou die skatte van Sy hart wys, Mag Sy hande jou dra waar jy moeg word en Sy voetspore jou lei waar jy moet gaan.  Mag jy Sy liefde tasbaar ervaar en weet dat jy spesiaal is.
  • Goeiemôre, mag Jesus se goedheid en guns jou heeldag volg en Sy genade by jou bly waar jy ookal gaan ~Putjie~
  • Mag goedheid en guns jou die hele dag volg!  Goeie Môre.
  • Mag die Here jou vandag seën met soveel meer as wat jy gevra het.
  • Goeiemôre, net ‘n briefie om jou stukkie vir stukkie met liefde, omgee en ‘n stil gebed toe te vou. Mag God jou seën, vertroetel en in sy troue sorg bewaar.
  • Ontvang hierdie dag as ‘n gawe uit God se hand.  Mooiste Dag!
  • Jou tas vir vandag se reis is vol Jesus liefde, vrede en genade gepak.  Goeie Môre.
  • As dit lig word soggens, het God jou horlosie opgewen vir die dag.  Geen sekonde sal verbygaan sonder sy wete nie.  Niks sal vandag oor jou pad kom sonder Sy goedkeuring nie.  Mag elke minuut vandag bedek wees met God se liefde en genade.
  • Laat ons vandag tyd neem en die lewe vier wat God ons gegee het asook die seëninge wat daarmee gepaard gaan.  Mag jou dag ryklik geseën wees.
  • In ‘n onseker wêreld is God jou enigste anker en sekerheid.  Dit is God wat jou elke more die krag gee om op te staan, om jou kop op te lig en die dag aan te durf, want Hy loop die pad saam met jou.  Geseënde dag vir jou!

Vetrou op Hom

  • Sit jou lewe elke dag in die Here se hand.  Vertrou op Hom.  Hy sal sorg.
  • Vertrou op Sy tydsberekening, maak staat op Sy beloftes, wag op Sy antwoorde, glo in Sy wonderwerke, verbly jou in Sy goedheid en ontspan vandag in Sy teenwoordigheid!  Mooi dag.
  • Daar is geen groter rykdom op aarde as gemoedsrus en die wete dat God jou onvoorwaardelik lief het nie. En dat Hy by jou is waar jy ookal gaan en jou deur die dag sal lei en sal beskerm.
Christelike Afrikaanse Boodskappe pin easyonthetongue.com  683x1024 Christelike Afrikaanse Goeie Môre Boodskappe en Wense

Ter afsluiting

Mag die Christelike Goeie More wense, jou dag ryker maak en jou herinner dat daar iemand is wat aan jou dink!

Vir meer Afrikaanse boodskappe, kyk gerus na vorige artikels op die blog:

Similar Posts