Afrikaanse liefdesgedigte vir jou valentyn of sommer elke dag

My skoonma het gesê, waar ‘n man en vrou bymekaar kom, is daar gewoonlik vuurwerke.

Ek wou sê, my skoonma het eintlik gesê ‘seks’.

Ja, dis nou waar.

Maar natuurlik gaan liefde allermins nie net oor seks nie.  

Liefde wat hou, is die kombinasie van “ken jou produk”, bemarking, sielkunde, veiligheid en sekuriteit, ‘aankoop’ en ‘verspreiding’, genot en geloof. En party van hierdie begrotings moet groter was as van die ander afdelings s’n.

Die liedfdesgedigte wat ek hier met jou deel, is met ‘n kennersoog uitgekies.  Ja, ‘n geliefde afgetrede Afrikaanse onderwyseres van Utrecht en Vryheid, het dit saamgestel.

Deel asseblief hierdie boodskappe met ander of op enige van jou sosiale netwerke.

afrikaanse liefdesgedigte

(om te lees, te deel, te glo en te leef!)

1  Avril Levigne

“En skielik is jy al wat ek nodig het,

Die rede waaroor ek glimlag”.

En skielik is jy al wat ek nodig het Die rede waaroor ek glimlag. Afrikaanse liefdesgedigte vir jou valentyn of sommer elke dag

2  Antjie Krog

“En as ek jou hand in myne sit, sal ek my Padkaarte bêre met die wete:

My reise op soek na jou is nou verby.”

En as ek jou hand in myne sit sal ek my Padkaarte bere met die wete My reise op soek na jou is nou verby. Afrikaanse liefdesgedigte vir jou valentyn of sommer elke dag

3  Louise Boshoff

“As ek enige iets reg gedoen het in my lewe, was dit toe ek my hart vir jou gegee het.

Ek wil van jou hou

sonder dwingende kaart en transport             

sonder wette, eise, preke

sonder moets / moenies

Ek wil jou net versigtig vrymoedig Liefhê.”

4  Janine Ackerman

“LIEFDE VAT NIE ALLEEN NIE

LIEFDE GEE …”

Liefde vat nie alleen nie Liefde gee.... meer Afrikaanse liefdesgedigte op easyonthetongue.com  Afrikaanse liefdesgedigte vir jou valentyn of sommer elke dag

5  Sharon DT

Onthou om te onthou

Dat ek lief is vir jou …

                      

6  Griekse Gesegde

‘n Hart wat liefhet, bly vir ewig jonk…

        

7  Dr Karl Menniger

“Liefde heel mense

Beide die een wat gee

Asook die een wat onvang.”

    8  Lydia Smit 

    “Ek wil hardloop deur jou drome

    Ek wil inpas in jou glimlag

    Ek wil die son wakker skud vir jou dag

    En ek wil jou liefhê as ek mag.” 

    9  Jakkie Louw 

    “Ek sal poetry skryf oor jou mond en jou lyf.

    Ek sal liedjies dan maak en dit sing tot jy slaap..”

    10  Antjie Krog 

    Ek wil vir jou verse skryf

    sober en soepel soos jyself

    11  S.G.

    Jy is kuns

    die strokes van ‘n skildery

    die lyrics van ‘n slowsong

    jy is alles wat my asem wegslaan

    ek wil jou bêre in ‘n gedig

    jou veilig hou

    maar woorde is te min

    en jy breek deur die alliterasie en paarrym

    soos die golwe van die see

    jou strome sluk my in

    12  Moeder Teresa

    As jy mense oordeel het jy geen tyd om hulle lief te hê nie.”

    13  Uit Boeggoe vannie Liefde

    Die liefde het eentlikie dood se krag,hy gryp jou wa jy niks vewag,die liefde die soek okkie ytie,vra nou nie wat jy self beslytie.”

    14  Uit Innie Skylte vannie Jirre

    Die regtige liefde se bek is nooit nie dikkie.

    Jy sien hommie skinner en jy hoor hommie klikkie.  

    Hy skrywe die kwaad okkie in boektietjiese oppie”

    15  Kupido

    Was ek maar ‘n digter sou ek dalk kon beskryf

    Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel (…)

    Ek sal jou liefhê tot die hane ophou kraai

    Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê

    Tot daar stilte oor die aarde kom

    En die wind nie langer waai

    Tot die gras an die hemelruim groei sal ek jou liefhê”

    Meer afrikaanse boodskappe om te deel:

    [tcb_post_list query=”{‘paged’:1,’filter’:’custom’,’post_type’:|{|”|}|,’related’:|{||}|,’orderby’:’date’,’order’:’DESC’,’posts_per_page’:’1′,’offset’:’1′,’no_posts_text’:’There are no posts to display.’,’exclude_current_post’:|{|’on’|}|,’queried_object’:{‘ID’:81118,’post_author’:’1′},’sticky’:|{||}|,’rules’:|{|{‘taxonomy’:’category’,’terms’:|{|’19’|}|,’operator’:’IN’}|}|}” type=”grid” columns-d=”3″ columns-t=”1″ columns-m=”1″ vertical-space-d=”26″ horizontal-space-d=”30″ ct=”post_list-43532″ ct-name=”Image & Text 11″ tcb-elem-type=”post_list” pagination-type=”none” pages_near_current=”2″ element-name=”Post List” css=”tve-u-17ee59ecaa2″ vertical-space-m=”40″ total_post_count=”3″ total_sticky_count=”0″ posts_per_page=”1″ featured-content=”0″ disabled-links=”1″ no_posts_text=”” class=” ][tcb_post_list_dynamic_style][/tcb_post_list_dynamic_style][/tcb_post_list]

    Similar Posts

    Leave a Reply

    This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.