Nuwejaars Boodskappe om te deel
Aan die einde van 2020 vra ons dogter aan die ontbyttafel of ons nuwejaars boodskappe en voornemens het.
My man antwoord dat hy daardie jaar (2021) nie voorspoed toewens nie, maar eerder sterkte.
En ek't gewonder...wat sou 2021 rerig vir ons inhou en toe 2022?
Nou is ons op die drumpel van 2023, wat beteken:
- ons het Covid oorleef;
- ons het genoeg, is gesond en leef!
Maak dit saak wat 2023 vir ons inhou?

nuwejaars boodskappe
Hartlikste Wense:
"Ek wens vir jou 'n gelukkige Krismis en dwarsdeur die Nuwejaar, 'n opgeruimde humeur, 'n gesonde kleur, krag om te beur, niks om te betreur, min om te verleer, te veel om te verteer, en al wat jou hart behoort te begeer." - CJ Langenhoven.

Mens vra dikwels hoe gelukkig kan mens wees in moeilike omstandighede?
Die antwoord is 'n onomwonde: "So gelukkig as wat jy kies om te wees".
My wense vir jou vir 2023 is dan:

nuwejaars boodskappe van hoop
Hoop is die wete dat:
- elke dag 'n nuwe begin is;
- dat niks vir altyd is nie;
- is vasbyt en nie-moed-opgee nie!
- skep die verwagting van iets goeds wat voorlê.
- 'n Realiteit wat ons op die toekoms laat vertrou;
- gee jou krag om enige struikelblok te oorkom;
- jy weet nooit dat dit waarop jy hoop gaan realiseer nie, maar jy klou steeds daaraan vas. JY MOET!
Mag jy nooit hopeloos voel en wees nie.

Mag hierdie jaar vir jou net mooi inhou. Mag jy ten spyte van hartseer en pyn ook gelukkig wees, te midde van als.
Wees veilig!
