Geniet jou Naweek (Afrikaanse Boodskap)
Die mensdom is eintlik vreeslik gefokus op pret! Dink hieroor – meeste mens sleep voete op pad na Maandag, almal begin in die blokke in klim teen Woensdag en Donderdag aand begin die mallemeule se wiel draai want more is Vrydag! Dit beteken dis ‘Geniet jou Naweek!’ tyd en Tik-Toks met lekker deuntjies word gedeel of een of ander Afrikaanse boodskappe oor Naweek jolyt.
Baie dankie dat jy my stukkie van die wye internet wêreld kom besoek. Dit sal gaaf wees as jy dit waarvan jy hou sal deel op Pinterest of enige van jou sosial media profiele.
The title of this post, Geniet jou Naweek (Afrikaanse Boodskappe), translates the Afrikaans words directly to “Enjoy your Weekend (Afrikaans Messages).” If you’re unfamiliar with Afrikaans, you can use one of the world’s largest translation memory like DeepL, known for its accuracy, or Google Translate to understand the messages. As a native speaker of the Afrikaans language, I can assure you that while many South Africans are proficient in English, it is often our second language.
Geniet jou Naweek (Afrikaanse Boodskappe)
Baie van die Afrikaanse boodskappe is my eie, maar ander boodskappe is gekopieër of vertaal of deur ander inspirerende Afrikaanse boodskappe geinspireer. As enige van die boodskappe joune is, en jy graag die krediet daarvoor wil hê, stuur asseblief vir my ‘n epos.
Enige iemand kan so ‘n boodskap met ‘n prentjie daarop op Canva skep. Registreer jou gratis rekening op Canva en maak gebruik van al hulle gratis ontwerpe.
Kort “Lekker Naweek” oF “Geniet jou Naweek” Boodskappe in Afrikaans
- Geniet jou naweek vol pret en ontspanning!
- Lekker naweek!
- Hoop jou naweek is propvol avonture!
- Rus lekker uit hierdie naweek. Jy verdien dit.
- Mag hierdie naweek jou hart bly maak.
- Dis naweek, mag dit ‘n gatskop een vir jou wees!
- Mag jou naweek vreedsaam en vreugdevol wees.
- Geniet ‘n rustige en lekker naweek!
- Lekker naweek vir jou en jou geliefdes!
- Mag die naweek spesiale oomblikke wees.
- Hoop jy het ‘n ongelooflike naweek!
- Geniet elke sekonde van jou naweek!
- Mag jou naweek jou batterye volmaak herlaai.
- Lekker naweek! Ontspan en herlaai.
- Hoop jy kry tyd vir jouself hierdie naweek.
- Mag hierdie naweek vir jou baie vreugde bring.
- Geniet ‘n lekker naweek vol liefde en geluk.
- Rus lekker en geniet jou naweek voluit!
- Mag jou naweek vol sonskyn en glimlagte wees.
- Geniet jou naweek, vol goeie tye en goeie vriende!
Hier is die skakel na my Afrikaanse Boodskappe, Gesegdes, Wyshede bord op Pinterest.
meer Afrikaanse Naweek Wense
- Mag jou naweek vol verassings wees!
- Lekker naweek! Hoop dit is vol lekker kos en goeie geselskap.
- Ontspan en geniet jou welverdiende naweek!
- Mag jou naweek jou herinner aan hoe spesiaal jy is.
- Ek val gou in met ‘n vriendelike ‘Hallo”. Hoop jy het ‘n fantastiese naweek.
- Lekker naweek! Mag dit ‘n avontuur vwees.
- Stuur vir jou positiewe energie vir die naweek!
- Mag hierdie naweek jou vul met dankbaarheid en vreugde.
- Hoop jy het ‘n naweek vol genot en gelag!
- Lekker naweek vir jou! Gaan groot. Cheers!
- Geseënde naweek!
- Mag jy tyd kry om hierdie naweek op jouself te fokus.
- Lekker naweek! Hoop joune gaan sommer ‘n lekker lawwe ene wees.
- Geniet jou naweek saam met die mense wat jy liefhet.
- Mag jou naweek vol sonskyn en heerlike oomblikke wees!
- Lekker naweek! Laat die stres van die week agter jou.
- Stuur vir jou tonne liefde en geluk vir die naweek.
- Mag hierdie naweek al jou verwagtinge oortref.
- Ontspan, herlaai en geniet die rustige ritme van jou naweek!
- Loer net gou in om te sê jy moet ‘n ongelooflike lekker naweek hê
- Sit jou naweek glimlag op en geniet ‘n heerlike, ontspanne naweek.
- Wil sommer in die verbygaan sê jy moet ‘n ongelooflike lekker naweek hê!
- Wat gaan ek die naweek doen? So min as moontlik.
- Ek is reg vir die naweek. Hoop jy geniet joune ook sommer baie.
- Toe, toe – dis naweek. Kom aan die gang!
- Ons het almal ‘n wenslysie vir die naweek. Myne is…ek wens dit was langer!
- Vat dit rustig die naweek en werk ‘n ou middagslapie in!
- Blaas jou kuite af, maak jou bolla los en geniet jou naweek.
- Goedheid en guns vir ‘n ontspanne naweek saam met jou hartsmense.
- Jy, moet jou naweek geniet!
- Jipieeee dis naweek!
- Ek is so bly dis naweek. Nou kan ek bietjie verkeerd eet.
- Ek’t nou sommer ‘n huppel in my stap want dis naweek!
- Naweek – eks so bly om jou te sien. Ek wag al die hele week vir jou.
- Naweek koffie in pajamas kan ‘n heeldag aktiwiteit raak as jy wil.
- Vandag vat ek dit rustig. Ek gaan nie ‘n spier verroer nie!
- Geniet ‘n rustige naweek van niksdoen oomblikke.
- Trek jou slippertjies aan, dis sulke tyd!
- Wens vir jou ‘n kommervrye en ontspanne naweek.
- Laat die pret begin, ons gaan so huppel-huppel die naweek in!
- Dis ‘n baie goeie more as ek nie met die wekker wakker word nie!
Om af te sluit:
Geniet jou naweek! Herlaai jou battery en spandeer tyd aan jou geliefdes. En die manne, moet nie FOUTE maak nie!
Mooi loop!
Amanda xxx
Vir meer Afrikaanse boodskappe, kyk gerus na vorige artikels op die blog:
- Goeiemôre Wense
- Goeienag Boodskappe
- Lekker Slaap Boodskappe!
- Christelike Afrikaanse Goeiemore Boodskappe
The main site of easyonthetongue.com focuses on Easy knitting patterns, Crochet patterns and ideas, Easy DIY and Craft projects, and family-orientated messages and quotes. While the blog is written in English, some posts are for Afrikaans-speaking people. You can also use an English dictionary or professional translation services such as Grammarly if you are curious about the messages.