Afrikaanse Inspirasie, Sêgoed en Aanhalings
Afrikaanse Inspirasie in die vorm van sêgoed, aanhalings, kwinkslae en tong-in-die-kies taal.
Als wat hier verskyn is die outeur se eie skeppinge en mag op die sosiale netwerk/e van jou keuse gedeel word.
Geestelike voedsel - instagram

Geestelike voedsel - pinterest


Foto met komplimente van Styled Stock Society

vir elke dag - instagram


vir elke dag - pinterest



vir elke dag - FAcebook
Partykeer soek mens 'n mooi prentjie of gesegde om op jou Facebook blad te deel.
Of anders sien jy iets ouliks en deel dit.
Jy mag hierdie ook deel, dalk voel iemand anders presies soos jy!

oor kleinkinders en oupa/ouma wees - pinterest
Daar is 'n staaltjie wat vertel word van 'n oom wat in 'n bus klim. Hy staan in die gangetjie, maak oogkontak met iemand en vra: "Het jy kleinkinders?"
"Nee" antwoord die persoon.
"Nou skuif op, dat ek jou van myne kan vertel", sê die omie.
En verder...
'n Geleerde man wat ek ken, sê daars niks anders op hierdie aarde wat hulle name vrywilliglik gat maak, soos 'n oupa en ouma nie.
Ek kan nie stry nie. As 'n ouma sal ek hard sing in 'n winkel (en ek kan nogal gereserveerd voorkom)! Ek sal dans as daar van my verwag word om dit te doen of iets dergeliks.
Soos hul sê, jy gaan nie weet nie, voordat jy nie daar is nie!
SNAAKSE Sêgoed
As jy Afrikaans praat, verstaan mede Afrikaners jou.
Wat as iemand vir jou sê, die kar is in die waenhuis? Weet jy waar dit is?
In die Noord-Kaap is 'n motorhuis (of garage) 'n waenhuis.
Maar daars baie meer in dialekte as wat mens dink. Partykeer kan dit selfs vreemd klink.
Ek weet nie waar almal aan als kom nie, maar daar is gewoonlik 'n storie agter 'n sê-ding.
vreemde afrikaanse woorde
lekker lentdedag!
Lentedag is die dag wanneer kindertjies eie klere kan aantrek skool toe (ander jare), of werksmense in vrolike somersklere kan pronk - maar dit gebeur amper nooit so nie.
Hierdie jaar is ook geen uitsondering nie. Die wind waai, die sneeu val en plek-plek lyk dit reënerig.
Hoe dit ook al sy, sit 'n blom in jou hare en geniet jou Lentedag!
