Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe
Kersfees is een van die kosbaarste tye saam met familie - soms 'n totale uitdaging met almal se geite en goeters!
Hieronder deel ek graag Kersfees boodskappe wat jy op sosiale media of as boodskap kan aanstuur.
As jy gewonder het hoeveel slapies voor Kersfees, gebruik hierdie klik op die skakel van timeanddate.com om jouself voor te berei.
Maak jou lysies, koop of DDS (doen-dit-self) jou geskenke en maak seker jy weet waar en wanneer julle kuier!

Spesiale Kersboodkappe

Is Kersvader rêrig?
Seker nie, maar het ons nie maar almal aan hom geglo nie?
Dis die kinderlike onskuld wat als die moeite werd maak! Blink ogies wanneer geskenke uitgedeel word. Ons is so kort tydjie vir mekaar geleen, kom ons maak elke oomblik tel.

'n Sonneblom uit Betlehem geskryf deur Laurika Rauch.
Die lirieke beskryf ons somerkersfees so raak - daar is niks so mooi soos woorde wat jou hart raak nie.
Vir die volledige lirieke, gaan besoek Laurika se webtuiste hier.
Deel op Instagram



Deel op pinterest
Wat is die heel lekkerste ding vir jou rondom Kersfees?
- Samesyn met familie en vriende
- Om te gee
- Die tye vooraf, die beplanning, die uitsien
- Jul vakansie
- Uitdeel van geskenke
- Kindergesiggies en opgewondenheid
- Om stil te raak
- Kersmusiek
- Verlange
- Goeie herinneringe
- Kerkdiens
- Jou Kerskous
- Om spesiaal te voel omdat iemand geluister het en vir jou gekoop het, wat jy eintlik net in die verbygaan genoem het
- Dankbaarheid
Die grootste geskenk
Vir ons as Christene, is die geboorte van Jesus ons redding.
Dis 'n voorreg om Sy geboorte te gedenk, maak nie saak saam met wie nie. Soveel mense is Kersdag alleen.
Maar uiteindelik is die toets, hoe vol jou hart is.

Mens kan omring wees deur mense, maar nie geliefd voel nie.
Dis jou perspektief.
Liefde is soos 'n boemerang, as jy dit weggee, kom dit terug na jou toe!
My wens is dan dat die gawe van Liefde jou grootste geskenk sal wees hierdie Kersfees!

Mag jy in hierdie besondere moeilike jaar, vrede vind. In jouself, in jou geloof en menswees en mag die spesiale boodskap van hoop en oorwinning jou deel wees.
Geseënde Kersfees!