Van die Beste Goeie Môre Wense en Goeiemore Boodskappe
Klokslag elke oggend, vul vriende en familie ons whatsapp met beste goeie môre wense en die allerfraaiste goeiemore boodskappe.
Wense, seënwense, grapperige of sommer net “lekker dag” of “mooi loop” prentjies. Alles om te laat weet, ek dink weer aan jou.
Eintlik, moet dit ons spesiaal laat voel.
Rerig.
Hoe sou jou oggend verloop as niemand al vir jou ietsie moois gesê het nie?
Ek weet, dit kan soms te veel raak, maar dis gewoonlik wanneer ons dit die nodigste het ne?
Vir Lekker Slaap Boodskappe en Christelike Afrikaanse Goeiemôre Boodskappe en Wense, gaan gerus na die artikels.
(Today’s post contains a selection of good morning quotes in Afrikaans, to wish each one a very good day!)

AFRIKAANSE GOEIE MôRE WENSE
Meeste van die Afrikaanse boodskappe is anoniem of vertaal. As iemand aanspraak maak op so ‘n sêding, laat weet asseblief sodat ons die nodige krediet kan gee.
Enige iemand kan so ‘n boodskap met ‘n prentjie daarop op Canva skep. Registreer jou gratis rekening op Canva en maak gebruik van al hulle gratis ontwerpe.
1 Kort Goeiemore boodskappe
- Môre, geniet ‘n mooi en geseënde dag.
- Goeiemôre, mag jou dag gevul wees met baie lag en hartsvreugde.
- Elke dag is ‘n nuwe begin. Goeie more.
- Goeiemôre, rus en vrede vir jou DAG.
- Geniet jou dag.
- ‘n Dag vol liefde en genade is my wens vir jou. Goeiemôre.
- Mag jy ryklik geseën word met ‘n wonderlike dag uit die VADER se hand!
- Mag jy vandag met vrede in jou siel en liefde in jou hart deur die dag gaan en elke oomblik geniet.
- Goeiemôre. Hoop jou dag is gevul met soveel mooi, dat jou hart van geluk oorloop. Wees geseënd in alles wat jy doen.
- Goeiemôre, begin hierdie dag met blydskap, geloof, hoop en liefde.
- Mag jy vandag omring word met liefde en genade.
- Goeiemôre. Mag jy ‘n geseënde dag hê!
- Mag jou laste vandag lig wees en jou vreugde groot! Môre sê.
- ‘n Dag vol liefde vir jou…want liefde KOSMOS niks!
- Dis net ekke wat wil sê jy moet ‘n lekker daggie hê!
- Mag daar ‘n vrolike deuntjie in jou hart speel vandag. Goed gaan en mooi dag!
- Nog ‘n dag geseënd, gesond en gespaar!
- Goeiemore. Ek groet jou op hierdie mooi nuwe dag en wens vir jou als wat mooi, goed en lekker is!

2 Mooi dag
- Mag jou dag hartsmooi wees.
- Mag jy ‘n besonderse mooi dag hê!
- Jou geluk word nie bepaal deur die dinge OM jou nie, maar die dinge IN jou. Mag jou dag ekstra mooi wees.
- Ek kom strooi positiwiteit oor jou uit vandag. Mooi dag.
- Die lewe is soos ‘n boek. Sommige hoofstukke is hartseer, sommige is vol kommer, party is vol pret, geluk en vreugde. Elke dag is ‘n skoon bladsy in jou lewe en net jy kan bepaal wat die uitkoms van jou volgende hoofstuk in jou lewensboek gaan wees. Maak jou dag vir jouself mooi!
- Mooiste dag vir jou!
- Geniet hierdie mooi nuwe dag wat God vir jou voorberei het! Geseënde dag.
- ‘n Boksie vol van my gebede net vir jou. Mag jou dag vol seëninge wees. Mooi dag!
- Koester elke dag se mooi in jou hart. Mooiste dag vir jou.
- Mag jou emmer oorloop met alles wat mooi is vandag!
- Mooi, Mooier, Mooiste dag vir jou!
3 CHRISTELIKE GOEIE MÔRE WENS
Vir Christelike Goeiemôre Wense en Boodskappe, besoek gerus die artikel op die blog. ‘n Nuwe blad sal oopmaak as u op die onderstreepte teks kliek.
4 Beste wense vir die dag
- Goeiemôre. Mag jou dag gevul wees met liefde, hoop, geluk en gesondheid.
- Mag alles wat mooi is, jou pad kruis vandag.
- Ek bring vir jou spesiale wense en baie liefde op hierdie lieflike dag. Mag daar strome van seëninge en hope voorspoed op jou wag. Jy verdien net die heel beste elke liewe dag.
- Die mooiste dag ontvou wanneer ‘n mens wakker word en besef jy’t nog ‘n kans om te lewe, reg te maak, te gee, lief te hê, te help en vir iemand te sê: “Jy is spesiaal.” Net my allerbeste wense vir ‘n baie mooi dag.
- Verbly jou vandag in die klein besonderhede van die kleinste dingetjies en laat gaan elke negatiewe gedagte wat jou dag kan bederf.
5 Blommeprag dag
- Om vir iemand ‘n blom te gee, is om ‘n stukkie van God se handewerk te deel. Elke blaartjie het Hy volmaak gevorm volgens Sy wil ~Niggie~
- Mag hierdie blomme jou dag vul met sonskyn, geluk en vrede. Goeiemôre.
- Ek bring net gou vir jou blommetjies met baie lag en liefde om jou dag op te vrolik.
- Blommetjies om jou dag op te vrolik!
- n Mandjie blomme om kleur in jou dag te bring. Goeie Môre!
- Mag jou hartstuin vol liefde en vrede blom vandag!
- Die Here het jou geplant in die grond van jou omstandighede, want dit is waar Hy wil hê jy moet blom.
- Mag elke blom sy geur vandag vir jou versprei, elke voëltjie net vir jou ‘n oggend liedjie sing, want jy is mos God se Koningskind. Vrolike dag!
- Mag jou dag met blomme en seën omsoom wees!
- Vandag wil ek ‘n bos omgee rose voor jou neersit met ‘n gebed dat Jesus jou styf sal vashou en jou met Sy liefde sal omring. Geniet jou dag.
- Mag die liefde van Jesus in volle blom staan in jou lewe sodat daar genoeg sal wees om mildelik uit te deel aan ander. Lieflike dag.
6 Môre Sê
- Môre sê. Mag jy vreugde vind in alles wat jy doen vandag. Lekker dag.
- Môre sê. Hou jou standaarde hoog en jou voete plat op die aarde, En die belangrikste, jou oë gerig op die Here.
- Môre sê. ‘n Lepeltjie hemel net vir jou.
- Maak liefde en omgee die grootste skat in jou hart vandag. Môre sê. (Riekie)
7 NUWE DAG
- Vandag is ‘n nuwe dag, jy het 24 uur, maak soveel jy kan van elke geleentheid.
- Die lewe bied jou altyd nog ‘n kans en dit word “VANDAG” genoem. Goeiemôre.
- Ek fladder sommer vroeg verby net om vir jou te sê: Hoop jy het ‘n wonderlike dag.
- Mag God se liefde en genade jou vandag sagkens omvou want jy is kosbaar. Geniet ‘n geseënde nuwe dag.
- Onthou om elke nuwe dag dankie te sê vir al die klein goedjies in jou lewe. Dit is genade onbeskryflik groot wat jou elke dag deursien.
- EN so ontwaak nog ‘n pragtige nuwe dag. Ek lewe, ek is geseënd, gelukkig en dankbaar. Wondermooi dag vir jou!
- Koester hierdie nuwe dag al die dinge waarvoor jy omgee. Geniet jou dag.
8 DAAGLIKSE MOTIVERING
- Elke liewe dag gaan dalk nie ‘WOW’ wees nie, maar ons kan elke dag met ‘n nuwe rede begin om die beste daarvan te maak.
- Hoop jy ervaar vandag iets baie spesiaals.
- Moenie dat iemand jou vandag van jou vrede beroof nie. Die lewe is te kort en kosbaar om selfs net een oomblik van vreugde te laat verbygaan. Gryp die dag vas en geniet die mooi wat aan jou uitgedeel word.
- As jy nie in wonderwerke glo nie, dan het jy vergeet dat jy een is! Geniet ‘n wonderlike dag.
- Onthou die beste dinge in die lewe is gratis – geluk en vreugde.
- Wees vandag trots op jouself!
- As jy met dankbaarheid opstaan sal jy altyd met ‘n vol hart gaan slaap – Loka.
- Moet nooit spyt wees oor ‘n dag in jou lewe nie, goeie dae gee geluk, slegte dae gee ervaring, die ergste dae gee lesse en die beste dae, gee herinneringe…”gedagtes_in_afrikaans”.
- Ons tob soveel oor gister, beplan soveel vir more en onderskat so die wonder van vandag. Leef elke dag voluit!
- Elke dag is dalk nie goed nie. Maar daar is iets goeds in elke dag. Laat toe dat lofprysing deur die skanse van jou swaarmoedigheid breek.
9 MOOI LOOP
- Ek gee vir jou ‘n blom sodat jy kan weet, ten spyte van ‘n deurmekaar wêreld is die lewe tog mooi. Vandag is dit Genade geskenk, so geniet dit! Mooi Loop!
- Mag die venster van jou hart omring word met die mooiste raam van liefde. Lekker dag en Mooi Loop!
- ‘n Vrolike môregroet net vir jou. Hoop jy het ‘n awesome dag. Mooi loop.
- Mag Jesus se liefde en genade jou heeldag vergesel…. Mooi Loop.
- Ons is weereens geseën met ‘n wonderlike nuwe dag. Mag jy net vreugde vind in alles wat vandag oor jou pad mag kom. Mooi loop.
10 Nuwe dag RYMPIES
- Die son skyn helder en die voëltjies sing, mag die mooi dag vir jou net vreugde bring.
11 vrolike gedagtes
- Mag mooi en opgewekte gedagtes vrolik by jou mond uitborrel en die lewe lekker maak daar waar jy is! Mag die dag jou goed behandel.
- Mag mooi en opgewekte gedagtes vrolik by jou mond uitborrel en die lewe lekker maak daar waar jy is! Mag die dag jou goed behandel.
- Ek dink vanoggend aan al my vriende en familie en besef hoe gelukkig ek is om vir almal “Môre” te kan sê. Daarom wil ek vir julle ‘n sonskyn dag VOL geluk en vreugde toewens. Dankie dat julle ook my dag ophelder. Geniet ‘n wonderlike dag.
- Mag mooi en opgewekte gedagtes vrolik by jou mond uitborrel en die lewe lekker maak daar waar jy is!
- Mag die dag jou goed behandel.
- Dankie dat vir jou liefde en omgee, dankie vir die sonskyn wat jy in my lewe bring. Mag jou dag net so mooi soos jou hart wees. ~ Amanda @ Easy on the Tongue ~
- Kleurvolle dag vir jou!
12 Seënwense vir jou dag
- Jou pad is reeds vir jou beplan. Volg net die roete vol vertroue!
- Mag jy ‘n baie mooi dag hê gevul met God se goedheid en guns.
- Fokus vandag op alles waarvoor jy dankbaar kan wees. Seëninge is oral om ons.
- Mag jou dag vol spesiale seëninge wees!
- Mag jy vandag heeldag jou koffie uit jou piering drink omdat jou beker oorloop van seëninge direk van Bo!
- Mag vele vrolike mense vandag jou pad kruis sodat dit vir jou ‘n dag vol lag en geluk sal wees!
- Mag ‘n goue draad van vreugde deur die ure van jou dag geweef word. Mag jy geseënd voel.
- Mag die Here jou vandag seen met soveel meer as wat jy gevra het.
- Mag jy vandag God se vrede in jou hart voel.
- Mag al die hemelse seëninge jou dag inkleurmet vrede, vreugde, dankbaarheid en Jesus-liefde.
Om af te sluit:
Mag jou dag gevul wees met alles wat mooi en goed is! Deel jou vreugde met ander en jou bekommernisse met Hom.
Mooi loop!
Amanda xxx
Hier is die skakel na die Lekker Slaap Boodskappe!
nog afrikaanse boodskappe op die blog:
Geniet jou Naweek Wense






