Van die Beste Goeie Môre Wense en Goeiemore Boodskappe

Klokslag elke oggend, vul vriende en familie ons whatsapp met beste goeie môre wense en die allerfraaiste goeiemore boodskappe.

Wense, seënwense, grapperige of sommer net “lekker dag” of “mooi loop” prentjies. Alles om te laat weet, ek dink weer aan jou.

Eintlik, moet dit ons spesiaal laat voel.

Rerig.

Hoe sou jou oggend verloop as niemand al vir jou ietsie moois gesê het nie?

Ek weet, dit kan soms te veel raak, maar dis gewoonlik wanneer ons dit die nodigste het ne?

(Today’s post contains a selection of good morning quotes in Afrikaans, to wish each one a very good day!)

Goeie More Boodskappe op easyonthetongue.com  1024x1024 Van die Beste Goeie Môre Wense en Goeiemore Boodskappe

AFRIKAANSE GOEIE MôRE WENSE

Meeste van die Afrikaanse boodskappe is anoniem of vertaal. As iemand aanspraak maak op so ‘n sêding, laat weet asseblief sodat ons die nodige krediet kan gee.

Enige iemand kan so ‘n boodskap met ‘n prentjie daarop op Canva skep. Registreer jou gratis rekening op Canva en maak gebruik van al hulle gratis ontwerpe.

1  Kort Goeiemore boodskappe

  • Môre, geniet ‘n mooi en geseënde dag.
  • Goeiemôre, mag jou dag gevul wees met baie lag en hartsvreugde.
  • Elke dag is ‘n nuwe begin. Goeie more.
  • Goeiemôre, rus en vrede vir jou DAG.
  • Geniet jou dag.
  • ‘n Dag vol liefde en genade is my wens vir jou. Goeiemôre.
  • Mag jy ryklik geseën word met ‘n wonderlike dag uit die VADER se hand!
  • Mag jy vandag met vrede in jou siel en liefde in jou hart deur die dag gaan en elke oomblik geniet.
Goeiemore dankie vir hierdie skone more...wense deur easyonthetongue.com  1024x1024 Van die Beste Goeie Môre Wense en Goeiemore Boodskappe

2  Mooi dag

  • Jou geluk word nie bepaal deur die dinge OM jou nie, maar die dinge IN jou. Mag jou dag ekstra mooi wees.
  • Ek kom strooi positiwiteit oor jou uit vandag. Mooi dag.
  • Die lewe is soos ‘n boek. Sommige hoofstukke is hartseer, sommige is vol kommer, party is vol pret, geluk en vreugde. Elke dag is ‘n skoon bladsy in jou lewe en net jy kan bepaal wat die uitkoms van jou volgende hoofstuk in jou lewensboek gaan wees. Maak jou dag vir jouself mooi!
  • Mooiste dag vir jou!
  • Geniet hierdie mooi nuwe dag wat God vir jou voorberei het! Geseënde dag.

    3  CHRISTELIKE GOEIE MÔRE WENSE

    • Here, vandag sê ek dankie. Dankie dat U hand, my hand elke dag styf vashou, dat U altyd naby is en dat U elke dag saam met my stap.
    • Ek groet jou op hierdie vars, nuwe oggend. Mag die Heilige Gees soos ‘n sagte briesie deur jou siel en gemoed waai. Geniet die dag met jou hand in God se hand.
    • Sit jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal sorg.
    • Die liewe is jou verfdoek, Geloof jou kwas, God se Woord jou Inspirasie en Jy is God se MEESTERSTUK~
    • As dit lig word soggens, het God jou horlosie opgewen vir die dag. Geen sekonde sal verbygaan sonder sy wete nie. Niks sal vandag oor jou pad kom sonder Sy goedkeuring nie. Mag elke minutt vandag bedek wees met God se liefde en genade.
    • Mag die Here elke tree wat jy vandag gee, lei in die regte rigting. Mag Hy Sy hand van beskerming hou oor jou en jou geliefdes.

    4  Beste wense vir die dag

    • Goeiemôre.  Mag jou dag gevul wees met liefde, hoop, geluk en gesondheid.
    • Mag alles wat mooi is, jou pad kruis vandag.
    • Ek bring vir jou spesiale wense en baie liefde op hierdie lieflike dag. Mag daar strome van seëninge en hope voorspoed op jou wag. Jy verdien net die heel beste elke liewe dag.

    5  Blommeprag dag

    • Mag hierdie blomme jou dag vul met sonskyn, geluk en vrede. Goeiemôre.
    • Ek bring net gou vir jou blommetjies met baie lag en liefde om jou dag op te vrolik.
    • Blommetjies om jou dag op te vrolik!
    • n Mandjie blomme om kleur in jou dag te bring. Goeie Môre!
    n Mandjie blomme om kleur in jou dag te bring. Goeie More. Meer Goeiemore wense by easyonthetongue.com  683x1024 Van die Beste Goeie Môre Wense en Goeiemore Boodskappe

    6  Môre Sê

    • Môre sê. Mag jy vreugde vind in alles wat jy doen vandag. Lekker dag.
    • Môre sê. Hou jou standaarde hoog en jou voete plat op die aarde, En die belangrikste, jou oë gerig op die Here.

    7  NUWE DAG

    • Vandag is ‘n nuwe dag, jy het 24 uur, maak soveel jy kan van elke geleentheid.
    • Die lewe bied jou altyd nog ‘n kans en dit word “VANDAG” genoem. Goeiemôre.
    • Ek fladder sommer vroeg verby net om vir jou te sê:  Hoop jy het ‘n wonderlike dag. 
    • Mag God se liefde en genade jou vandag sagkens omvou want jy is kosbaar. Geniet ‘n geseënde nuwe dag.

      8 DAAGLIKSE MOTIVERING

      • Elke liewe dag gaan dalk nie ‘WOW’ wees nie, maar ons kan elke dag met ‘n nuwe rede begin om die beste daarvan te maak.
      • Hoop jy ervaar vandag iets baie spesiaals.
      • Moenie dat iemand jou vandag van jou vrede beroof nie. Die lewe is te kort en kosbaar om selfs net een oomblik van vreugde te laat verbygaan. Gryp die dag vas en geniet die mooi wat aan jou uitgedeel word.

      9 MOOI LOOP

      • Ek gee vir jou ‘n blom sodat jy kan weet, ten spyte van ‘n deurmekaar wêreld is die lewe tog mooi. Vandag is dit Genade geskenk, so geniet dit! Mooi Loop!
      • Mag die venster van jou hart omring word met die mooiste raam van liefde. Lekker dag en Mooi Loop!

      10  Nuwe dag RYMPIES

      • Die son skyn helder en die voëltjies sing, mag die mooi dag vir jou net vreugde bring.

      Om af te sluit:

      Mag jou dag gevul wees met alles wat mooi en goed is! Deel jou vreugde met ander en jou bekommernisse met Hom.

      Mooi loop!

      Amanda xxx
      Ek bring net gou vir jou blommetjies met baie lag en liefde om jou dag op te vrolik. 576x1024 Van die Beste Goeie Môre Wense en Goeiemore Boodskappe

      Similar Posts