Afrikaanse Lekker Slaap Boodskappe, Spreekwoorde

Liewe land, wie het gedink dat Afrikaanse lekker slaap boodskappe en spreekwoorde (of gesegdes) word al so vroeg soos  6uur in die aand gestuur?

Goed, ek moet bieg, in die winter is dit nie ongewoon nie, mens wil snoesig wees en nie gepla word nie.

Maar ja, dis eintlik ‘n tipe groet ne – om te sê, ek wens vir jou ‘n rustige veilige nag en hopelik, as die Liewe Heer wil, stuur ons more oggend weer ‘n ‘lekker dag’ whatsapp!

(Today’s post contains a selection of good night quotes in Afrikaans.  For easier access to English inspiration quotes, click on the ‘Your Family’ tab in the menus bar and then ‘Life Lessons’.)

Jy sal dalk ook hou van die Goeiemôre Boodkappe op die blog!

Lekker slaap boodskappe

Sjjjjj.dis slaaptyd lekker slaap en meer Afrikaanse lekker slaap wense en boodskappe 1 683x1024 Afrikaanse Lekker Slaap Boodskappe, Spreekwoorde

Afrikaanse ‘Lekker slaap’ boodskappe

Meeste van die Afrikaanse boodskappe is anoniem of vertaal. As iemand aanspraak maak op so ‘n sêding, laat weet asseblief sodat ons die nodige krediet kan gee.

Enige iemand kan so ‘n boodskap met ‘n prentjie daarop op Canva skep. Registreer jou gratis rekening op Canva en maak gebruik van al hulle gratis ontwerpe.

Kort Goeienag Boodskappe

  • Geseënde nagrus.
  • Lekker slaap!
  • Soete drome…
  • Mag jy ‘n lifelike nagrus hê en môre vol nuwe moed opstaan.
  • Koenaait almal.  Julle moet baie lekker slaap.
  • Nite nite!
  • Lekker doeks.
  • Ek is reg vir die bed en gaan nou inkruip.  Lekker slaap.
  • Nou maar dan sê ek eers:  Goeienag!
  • Lekker doedoe!
  • Ek gaan nou my bed opsoek. Lekker slaap.
  • Tyd om te gaan skuins lê en krag te kry vir môre.
  • Mag jy onbesorgd aan die slaap raak en verkwik môre opstaan.
  • Sjjjjjjj….saggies dis slaaptyd. Lekker dux.
  • Ek kan nie meer my oë oophou nie. Nite nite.
  • Ek is nou pê.  Lekker doeks.
  • Nou is ek op soos ou brood.  Ek sê klaar nag.

Lekker slaap boodskappe

  • Fluit, fluit, my storie is uit!  Lekker doeks.
  • Klaasvakie het sy sandjies vroeg kom strooi, ek is nou baie lus vir my kooi – Amanda @easyonthetongue.
  • Ek gaan nou inkruip met ‘n boek.  Jy moet baie lekker slaap.
  • Skuus dat ek so gaap…maar ek is baie vaak. Op daai noot sê ek sommer nag, daar’s ‘n warm kooi wat op my wag.
  • Maak plek! Ek kom in vir ‘n landing…wil net gou vir jou nag sê! Lekker slaap.

Nagsê

  • Vanaand kom gee ek jou ‘n drukkie om dankie te sê vir al jou omgee en liefde in my lewe.  Jy is baie spesiaal vir my!
  • Nagsê daar!
  • Dis daai uurtjie of wat voor ons gaan slaap. Tyd om rustig te raak en af te skakel.  Nagsê.
  • Aan die einde van hierdie dag is ek dankbaar dat my seëninge soveel groter is as my probleme, daarom kan ek rustig en tevrede aan die slaap raak. Nagsê/
Goeienag soete drome 1024x1024 Afrikaanse Lekker Slaap Boodskappe, Spreekwoorde

Mooiste Drome

  • Elke dag het onthou-oomblikke…skryf vandag s’n neer in jou dankie-sê boekie voor jy vanaand gaan slaap.
  • Ek maak gou vir jou ‘n sterretjie blink, sodat jy kan sien hoe die mooiste drome vanaand vir jou wink.
  • Die resep vir ‘n goeie nagrus – vergeet van die dag se probleme en tel jou seëninge.
  • ‘n Dak oor my kop, ‘n vol magie en snoesige bedjie.  Droom die mooiste drome vanaand.
  • Spesiale drukkie vir jou want jy is kosbaar. Mooi drome droom.
Goeienag meer lekker slaap boodskappe op easyontehtongue.com  724x1024 Afrikaanse Lekker Slaap Boodskappe, Spreekwoorde

Die dag is verby-gedagtes

  • Meeste dinge van die dag is finaal verby, maar God se genade is splinternuut en sonder einde. Lekker slaap.
  • Die dag het sy tol geeëis, ek gaan nou inkruip.  
  • Ek hoop jy het vandag so n prettige dag gehad dat jy sommer met ‘n glimlag aan die slaap gaan raak.
  • Na ‘n lang dag is daar niks soos ‘n rustige nagrus nie. Mag die Liewe Heer jou beskerm deur die nag en met nuwe energie môre laat opstaan.
  • Wees nooit spyt oor ‘n dag in jou lewe nie… goeie dae bring geluk, gee ervaring, en voorsien mooi herinneringe wat gekoester moet word vir ‘n leeftyd. Op uiterste dae, leer ons lesse, ondersoek onsself en leer lewenslesse.
Soete Nagrus onder Jesus se kombers 1 Afrikaanse Lekker Slaap Boodskappe, Spreekwoorde

Christelike Goeie Nagwense

  • Moet nooit vergeet hoe geseënd jy is nie. Moet nooit ophou om te waardeer wat jy het nie.  Moet nooit iets as vanselfsprekend aanvaar nie.  Alles is net Genade van Bo! Terwyl jy jou seëninge tel, wens ek jou ‘n geseënde nagrus.
  • Mag jy vanaand God se vrede en liefde ervaar en saggies aan die slaap raak met die mooiste drome.  Lekker slaap.
  • Wees stil en weet God se padkaart vir ons lewens is soms onverstaanbaar, maar altyd betroubaar. Dankie Here dat U liefde nooit vir ons ophou nie. Mag jy vannag net mooi drome droom. – Harte van Goud.
  • God is nooit blind vir jou trane nie, nooit doof vir jou gebede nie, nooit stil wanneer jy pyn het nie.  Hy sien. Hy hoor en Hy sal uitkoms gee.  Rustig slaap.
  • Moenie te veel bekommerd wees oor môre nie.  Jesus wag reeds daar met al die antwoorde.  Slaap lekker.
  • Mag die Heer jou vanaand bedek met sy kombers van genade.  In sy hande is ons veilig en kan ons met gemoedsrus gaan slaap.  Soete nagrus.
  • Al lê die onbekende voor, hoef ek nie bang te wees nie. U is by my.  U is my krag en sterkte. Rustig slaap. – Amanda @easyonthetongue
  • Mag die lig van God jou omring, die liefde van God jou omvou, die krag van God jou beskerm en die teenwoordigheid van God oor jou waak deur die nag.  Lekker slaap.
  • Ek het vir Jesus gevra om oor jou te waak, daarom kan jy vanaand rustig aan die slaap raak.
  • Dankie Liewe Jesus vir ‘n dag wat verby is. Hou asseblief my geliefdes, familie en vriende onder U kosbare bloed. Bewaar ons asseblief, beskerm ons en gee ons almal ‘n goeie nagrus.
  • Mag jy vannag toegevou word in die liefde van Jesus en Sy vrede jou hart en wese vul. Goeie nag, lekker slaap en mooi droom.

Voor jy inkruip

Sê jou gebedjie, soen goeie nag en glo dat jy veilig sal slaap.

Voor jy slaap, onthou asseblief hierdie skakel, kom terug en blaai rond, en deel ook met ander, dankie daarvoor,

Veilig slaap!

Hier is die skakel na die Goeiemôre Boodskappe op die blog!

Before you go – sharing messages in my mother tongue is part of my new look – sharing is caring, and I do care for the ones who understand me. Have a lovely evening and lekker dux.

Similar Posts