Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

Kersfees is een van die kosbaarste tye saam met familie – soms ‘n totale uitdaging met almal se geite en goeters! 

Hieronder deel ek graag Kersfees boodskappe wat jy op sosiale media of as boodskap kan aanstuur.

As jy gewonder het hoeveel slapies voor Kersfees, gebruik hierdie klik op die skakel van timeanddate.com om jouself voor te berei.

Maak jou lysies, koop of DDS (doen-dit-self) jou geskenke en maak seker jy weet waar en wanneer julle kuier!

Hoeveel dae voor Kersfees  As jy ook wonder moet jy solank tel en lysies maak. Hierdie jaar het n geneigdheid om ons te verras. Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

mooiste afrikaanse kersboodskappe

 

 

 

Die wonder van kersfees

Is Kersvader rêrig?

Seker nie, maar het ons nie maar almal aan hom geglo nie?

Dis die kinderlike onskuld wat als die moeite werd maak! Blink ogies wanneer geskenke uitgedeel word. Ons is so kort tydjie vir mekaar geleen, kom ons maak elke oomblik tel.

Christmas Messages 1 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

1.  Mag jy altyd in die wonder van Kersfees glo.

2. In hierdie Feesseisoen, mag jy besef dat God se planne vir jou, soveel groter is as jou drome vir jouself (Tracey Lange).

kort geseënde kersfees boodskappe

Geseende Kersfees 2023 easyonthetongue.com  683x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

1.  Geseënde Kersfeeswense vir ‘n familiedag.

2. Geseënde Kerfees, beste wense vir ‘n ware Christusfees!

3. Geseënde Kersfees.

4. Geseënde Kersfees vir jou!

5. Geseënde Kersfees vir jou en jou familie!

6. Van ons huis na jou huis, naby en ver, aan al ons familie en vriende, ons wens jul ‘n Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwe jaar toe.

7. Mag hierdie mooi dag vir jou besonder spesiaal wees en vir jou net mooi herinneringe inhou.

8. Beste wense waar jy ook al woon, dat jou dag en lewe gevul sal wees met liefde, vreugde en hoop!

Kersfees Boodskap 1024x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe
Merry Christmas Minimalist Bible Instagram Post 1024x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe
Copy of Christmas Messages Kersboodskappe 2 1024x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe
Nog n somerson kersfees want die Koningskind verjaar 1024x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

kersliedjies

1. ‘n Sonneblom uit Betlehem geskryf deur Laurika Rauch. Die lirieke beskryf ons somerkersfees so raak – daar is niks so mooi soos woorde wat jou hart raak nie. Vir die volledige lirieke, gaan besoek Laurika se webtuiste hier.

“Voel jy ook nou Sy warm liefde, as ons die dag gedenk.

Toe Hy Sy Seun aan ons gegee het,

Ons grootste Kersgeskenk!”

 

 

 

2. Al was ek nie daar nie…Al was ek nie daar nie – ek weet dit is waar:Die krip en Maria met die Kindjie by haar.Dis of ek die engel die boodskap hoor bringvan Jesus se vrede, wat harte laat sing.

Al was ek nie daar nie – ek weet dit is só:Die herders en wyses het dit eerste geglo.En deur al die jare bou Jesus sy kerk-die Gees en die Woord kom geloof in ons werk.

 

Nog n somerson kersfees want die Koningskind verjaar pinterest 683x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe
Journaling Pinterest Pin Design 683x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

 

 

Wat is die heel lekkerste ding vir jou rondom Kersfees?

  • Samesyn met familie en vriende
  • Om te gee
  • Die tye vooraf, die beplanning, die uitsien
  • Jul vakansie
  • Uitdeel van geskenke
  • Kindergesiggies en opgewondenheid
  • Om stil te raak
  • Kersmusiek
  • Verlange
  • Goeie herinneringe
  • Kerkdiens
  • Jou Kerskous
  • Om spesiaal te voel omdat iemand geluister het en vir jou gekoop het, wat jy eintlik net in die verbygaan genoem het
  • Dankbaarheid

 

christelike kersboodskappe

Vir ons as Christene, is die geboorte van Jesus ons redding. Dis ‘n voorreg om Sy geboorte te gedenk, maak nie saak saam met wie nie. Soveel mense is Kersdag alleen.  Maar uiteindelik is die toets, hoe vol jou hart is.

Geskenk uit Betlehe geskenkuitbetlehem kersfees Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

1. Die Geskenk uit Betlehem.

2. “Sy het haar eerstelingseun in die wêreld gebring en hom in doeke toegedraai en in ʼn krip neergelê, omdat daar geen plek in die herberg was nie. ” (Luk. 2:7)

3. Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Jes 9:5-6.

4. Mag jou mooi hart in hierdie Feestyd iemand anders se hart aanraak en ‘n afdruk van Jesus se liefde, vrede en vreugde daar los. Mag jou Christusfees een wees van vrede en die dag die mooiste herinneringe sal laat vir jou skatkis van die lewe, want ‘n Koning en Verlosser is vir ons gebore, en Sy name is Jesus.

5. Toe sê die engel vir hulle:  “Moenie bang wees nie, want kyk ek bring vir julle goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore. Christus die Here!” – Lukas 2: 10 to 11.

6.  Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. – Johannes 1:14.

7.  Met die dat hulle die ster sien, het ‘n wonderlike blydskap oor hulle gekom. – Mattheus 2: 10.

8. “Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. (Matteus 2:11)

Jes 95 6 Vir ons is n Seun gebore meer kersboodskappe by easyonthetongue.com  Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

die gawe van liefde Kersboodskap

Mens kan omring wees deur mense, maar nie geliefd voel nie. Dis jou perspektief.

Liefde is soos ‘n boemerang, as jy dit weggee, kom dit terug na jou toe!

My wens is dan dat die gawe van Liefde jou grootste geskenk sal wees hierdie Kersfees!

 

Christmas Messages Kersboodskappe 2 683x1024 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

1.  Mag jou grootste geskenk hierdie jaar, die gawe van Liefde wees.

2. Mag julle Feesgety gevul wees met liefde, lag en saamwees en mag elke dag vir julle vreugde bring in die jaar wat voorlê.

3. Mag God jou en jou hartsmense seën met Sy kosbare liefde en genade en Sy gees julle harte vul.

4. Liefde maak die Kerstyd lig.

5. Mag die grootste geskenke wat jy die Feesseisoen ontvang die wees van Liefde, Vreugde, Vrede, Gesondheid en Geluk.

6. Mag jy vanjaar saam met al die tipiese Kersfees-dinge, ook stil word voor die Kripkind sodat jy opnuut Sy liefde vir jou sal ervaar, Sy Vrede sal indirnk en Sy genade sal omarm.  Dan kom maak Kersfees hom ook in jou hart tuis.

Snaakse Kersboodskappe

1. As jy baie mooi kyk,sal jy sien Kersfees is baie nader as wat jy dink!

2. Jy weet jy is ‘n grootmens, wanneer niks wat jy vir Kersfees wil hê, in die winkel gekoop kan word nie.

3. Kersfees is soos menopouse ~ dit hang alles af van die gene…Diegene wat kom kuier….(Venessa Jacobs).

4. Wanneer jy ophou om in Kersvader te glo, kry jy sokkies in jou Kerskous.

5. Al wat ek vir Kersfees wil hê, is dat iemand my Desember-verjaarsdag onthou.

6. Hartlikste Wense:  “Ek wens vir jou ‘n gelukkige Krismis en dwarsdeur die Nuwejaar, ‘n opgeruimde humeur, ‘n gesonde kleur, krag om te beur, niks om te betreur, min om te verleer, te veel om te verteer, en al wat jou hart behoort te begeer.” – CJ Langenhoven.

7. Kersfees is nie net vir kinders nie…dit is die tyd om te onthou hoe dit was om ‘n kind te wees…

8. Sand is die nuwe Sneeu…

 

 Mooiste Afrikaanse Kersboodskappe

Kersfees in Afrika (Rien Joubert)

Gwarriebos Kersfees bitterbossiepad

Die Hoop se Jesus donkie om Maria weg te vat.

Betesda het ‘n krippie, oor Toorbos blink die Lig.

Van kapokbos is ‘n bietjie vir die Kerskind ingerig.

Uit die noorde klink daar kore, engele die hemel vol!

Die wyse manne jubel

Hier is Christus – hier’s die Kind!

Ons bring hanepoot en dadels, 

en ‘n springbokvel vir God se Kind!

Vanuit die ewigheid kyk God na Sy Lam,

Daar lê Afrika se redding, 

Laat julle nou Sy Lig ontvang.

Mag jy in hierdie jaar, vrede vind.  In jouself, in jou geloof en menswees en mag die spesiale boodskap van hoop en oorwinning jou deel wees.

Geseënde Kersfees!

Wat is Kersfees?

Dit is deernis vir die verlede, 

moed vir die hede en

hoop vir die toekoms.

Dit is ‘n brandende wens dat elke

beker sal oorloop met ryk en ewige

seëninge en dat elke pad na vrede sal lei.

(Agnes M Pharo)

Vir meer Kersboodskappe om te deel – laai af op Pinterest, gedeel op hierdie bord.

Similar Posts

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.